Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN
" Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55113] Vr, 04 Januarie 2002 04:18
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Brandende Boek
D.J. Opperman

Dis Pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien.... Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." -
"En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs Jy van God en nie die Duiwel kom?"
Vorige onderwerp: " Elementaal " deur Henri Laurie
Volgende onderwerp: Uit " Scriba van die Carbonari " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 17:19:02 MGT 2024